top of page

"Hulle weet nie wat ons weet nie!" Die begin van die 'underdog' storie.

Writer: Riani DreyerRiani Dreyer

Hulle weet nie wat ons weet nie... die begin van die "underdog" storie...


Daardie famous woorde "Hulle weet nie wat ons weet nie!" van ons eie plaaslike hero, Dricus Du Plessis "Stillknocks" eggo uit ons monde as Suid-Afrikaners in alledaagse geselsies, rondom die braaivleis vuur, onder ons bulletjies op die rugbyveld, en dit wek soveel emosie op, wat net met twee woorde in my gekraakte mengels vasgevang kan word "guts en glory."


Miskien het jy dit ook al telke male gehoor, "Gin mens weet hoe hy wen nie... want die 'odds' is net altyd teen hom, maar ou maat, as hy vastrap en daardie tweede asem skep... dan val hulle."


Dit maak ons trots. Dit laat ons wonder. Dit inspireer. Dit wil ons iets leer.


Ek is oortuig daarvan dat ek en jy ook 'n paar "battles" het wat ons in die verlede, tans, of in die toekoms gaan moet veg. Somtyds is dit net daardie "battle" in ons "mind" wat ons onder kry. Daardie stemmetjie wat jou konstant wil kom herinner dat al wil jy veg jy nie eers 'n paar rooi bokshandskoene kan bekostig nie en jy hierdie geveg met jou kaal hande gaan moet aanpak.


Wat doen jy as die "odds" net teen jou is?


Jy kyk om jou, om te sien of daar iemand is, net soos jy, wat dalk die "battle" gewen het, iemand by wie jy kan wysheid put, om jou eie "battle" nie net aan te pak nie, maar te wen.


Wat van Dawid?



A dramatic depiction of the biblical battle between David and Goliath, capturing young David standing bravely with his sling against the towering giant, Goliath, amidst the tension of the surrounding armies.
A dramatic depiction of the biblical battle between David and Goliath, capturing young David standing bravely with his sling against the towering giant, Goliath, amidst the tension of the surrounding armies.

Ons lees in 1 Samuel 17:42-47, DB "Toe die Filistyn Dawid mooi bekyk en sien dat hy sommer nog ’n kind is met ’n seunsgesig, het hy hom geminag. Hy sê toe vir Dawid: “Dink jy ek is ’n hond dat jy met stokke na my toe kom?” Hy het Dawid vervloek in die naam van sy gode en vir hom gesê: “Kom hier, dat ek jou vleis vir die aasvoëls en jakkalse kan voer.” Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jy kom teen my veg met ’n swaard en ’n spies en ’n kromswaard, maar ek veg teen jou in die Naam van die magtige Here, die God van die manskappe van Israel, met wie jy gespot het. Vandag gaan die Here jou aan my oorgee: ek gaan jou neerslaan en jou kop afkap. Vandag gaan ek die lyke van die soldate van die Filistyne vir die aasvoëls en die jakkalse voer. Dan sal die hele wêreld weet dat Israel ’n God het, en al die mense wat hier bymekaar is, sal weet dat die Here nie swaarde en spiese nodig het om mee te red nie. Die Here besluit wie ’n oorlog wen en Hy het julle klaar aan ons oorgegee.


Meeste van ons ken die storie van Dawid en Goliat die Filistyn maar vandag wil ek jou vra om jou konteks van Dawid se "battles" te verbreed. Hierdie was die begin van Dawid se "underdog" storie wat omvorm het in 'n verhaal van glorie vir die ganse ryk van Israel. Net soos Dricus se storie van "guts en glory" het Dawid se menigte oorwinnings hom beroemd gemaak (1 Samuel 18:30 DB).


1 Samuel 18:5 DB

"Alles wat Dawid vir Saul moes doen, was ’n sukses. Daarom het Saul hom oor sy soldate aangestel. Al die manskappe en die paleiswerkers was gelukkig daaroor."


1 Samuel 18:7 DB

"Die vroue het gesing: “Saul het duisende verslaan en Dawid tien duisende.


1 Samuel 18: 13-16 DB

"Saul wou Dawid toe nie meer naby hom hê nie. Hy het hom die leier van ’n groep soldate gemaak. Dawid het die soldate in al hulle veldtogte gelei. Hy het oral sukses behaal, want die Here het hom gehelp."


Wat was die goue reëls van Dawid se oorwinningstog?


  1. Die naam van die magtige Here...

  2. Die Here se besluit...

  3. Die Here se hulp..


Ek kan nie namens Dricus hierdie stellings maak nie, maar namens Dawid kan ek die feite uitlig dat Dawid in elkeen van sy "battles" die "underdog" was maar Dawid het 'n goue beginsel verstaan. Hy het homself as die "underdog" aanvaar en geweet dat sy oorwinning slegs moontlik is wanneer hy sy "underdog" status verander van


UNDERDOG na UNDER-GOD



A portrait symbolizing God's divine intervention, standing behind young David as he bravely confronts the formidable Goliath.
A portrait symbolizing God's divine intervention, standing behind young David as he bravely confronts the formidable Goliath.

  • Wanneer jy jouself "under god" of onder God se naam laat verneder, kom verander God jou vernedering in 'n nederlaag vir enige vyand wat durf om 'n bespotting van Hom, as jou God te maak.


Galasiërs 6:7 DB

"Moenie julleself bedrieg nie. God laat nie toe dat iemand met Hom spot nie. Dit wat jy plant, sal jy ook oes."


  • Wanneer jy die finale besluit onder God se gesag plaas kan jy verwag dat die uitkoms altyd tot jou voordeel sal wees.


Romeine 8:37 DB

"Al gebeur hierdie verskriklike dinge met ons, is ons nogtans oorwinnaars. Ons deel in Christus se reuse-oorwinning omdat Hy ons baie liefhet."


  • Wanneer jy veg in jou eie krag, veg jy man alleen, maar wanneer jy op die Here se hulp staatmaak veg jy nooit alleen nie.


2 Kronieke 20:15

"Hy die Here sê: Moenie bang wees of vir die groot leër terugdeins nie. Hierdie geveg is nie júlle probleem nie. Dit is 'n saak wat God self uitstryk."


Al wat nodig is, is dat ons, ons posisies in Christus inneem onder wie alle mag en gesag geplaas is (Matt 28:18).


Verander vandag jou "underdog" status na 'n "under-god" status want dan kan ek en jy ook soos Paulus in 2 Korintiërs 12:9 DB verklaar, "God se goedheid is vir my genoeg. Dit is al wat ek nodig het, want Sy groot krag word sigbaar wanneer ek swak en hulpeloos is."


Wanneer jy net nie meer krag het nie, net nie meer kans sien nie, en daar geen hulp in sig is nie... hoor God se belofte vir jou...


"Julle sal nie eens hoef te veg nie! Neem net julle posisies in, dan sal julle sien hoe die Here die geveg vir julle wen. Die Here is aan julle kant. Moenie bang of skrikkerig wees nie. Gaan môre uit en gaan kyk self hoe die Here julle help."


2 Kronieke 20: 17 DB


Vat nou daardie twee kaal hande van jou, bring hulle bymekaar en kom ons neem ons posisies op ons knieë in...


Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige Vader God,


Ek bring vir U vandag al my "guts". Ek bring vir U al my geloof. Kom gebruik my storie vir U glorie Here, net soos Dawid en Dricus sin. Here, net as U vir my veg kan ek wen. Hier is my hart, hier is my deel. Kom doen wat net U kan, kom restoreer wat die vyand kom steel het, kom maak my, en my gesin weer heel.


In U magtige naam Here Jesus vra en ontvang ek, nie my wil nie, maar U wil Here. Nie my krag nie, maar U hulp Here, Amen.

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Let's Connect

Thanks for reaching out!

Email: hello@rianidreyer.com

Phone: 072 700 2606

Sign up for our Latest News & Encouragement

Thanks for subscribing!

REAL Counselling Solutions | Riani Dreyer RDARA NPC 2024/766130/08

© 2023 All rights reserved.

bottom of page